Beskerm jou bates teen die gevolge van beurtkrag

Met roterende kragonderbrekings wat meer gereeld voorkom, neem die risiko van skade aan elektroniese toestelle, asook misdaad toe. Hier is ’n paar wenke hoe jy jou eiendom en jou besittings teen die gevolge van beurtkrag kan beskerm.

Om te verhoed dat jy die slagoffer van opportunistiese misdaad raak, maak seker dat die rugsteun-battery vir jou elektriese heining of alarmstelsel vir die duur van langer kragonderbrekings sal hou. Wees wakker wanneer jy gedurende beurtkrag tuiskom of jou huis verlaat, en stel jou buurtwag, sekuriteitsmaatskappy of die polisie in kennis van enige verdagte aktiwiteite.

Indien jy kerse of gas gedurende beurtkrag gebruik, maak seker jou versekeraar dek brand- of gasverwante ontploffings. Weet wat jou verantwoordelikhede is om die risiko’s te verminder wat met die gebruik van hierdie alternatiewe energiebronne saamgaan. Vind ook by jou versekeraar uit of jou huisinhoud gedek is teen skade as gevolg van kragstuwings.

Hier is ’n lys van vrae oor beurtkrag wat jy jou versekeraar behoort te vra.

Moenie langer uitstel om jou risiko’s te dek nie, kontak my so gou moontlik.

Beurtkrag