Mediese fonds vs. mediese versekering

Mediese fondse en mediese versekering is verskillende produkte waarvan die prysstruktuur, voordele en doelwitte verskil.

Mediese fondse is verplig om dekking te bied vir ’n lys van 271 voorgeskrewe minimum voordele. Hulle dek elektiewe chirurgie en het geen oorhoofse limiet vir hospitaalprosedures nie. Dié uitgebreide dekking is ingereken by hul pryse.

Mediese of gesondheidsversekering word deur versekeringsmaatskappye aangebied, en is dikwels goedkoper as mediese fondse. Dit dek tipies dag-to-dag mediese uitgawes soos besoeke aan jou huisdokter, tandarts en oogkundige, en soms chroniese siektetoestande ook. Mediese versekeraars beperk die bedrag van die hospitaaldekking wat verskaf word en dek gewoonlik nie elektiewe prosedures nie.

Lees meer oor die verskil tussen mediese fondse en mediese versekering.

Kontak my gerus vir kundige raad oor mediese dekking.

Mediese fonds vs mediese versekering