Geldwenke vir jou 20’s, 30’s, 40’s en 50’s

Die finansiële behoeftes van iemand in sy 20’s verskil hemelsbreed van dié van iemand in sy 50’s. Hier is ’n paar geldwenke vir mense in die verskillende ouderdomsgroepe.

In jou 20’s is dit tyd om te leer oor die voordele van saamgestelde rente en te begin spaar. Deur nóú versekeringspolisse uit te neem, trek jy voordeel uit ’n laer premie as wanneer jy ouer is.

In jou 30’s behoort jy ’n finansiële raadgewer aan te stel om jou te help om op koers te bly om jou finansiële doelwitte gouer te bereik.

Mense in hul 40’s moet mooi na hul finansies omsien en die versoeking weerstaan om hul spaargeld te gebruik. In jou 50’s behoort aftreebeplanning jou vernaamste prioriteit te wees. Maak seker jy het ’n geldige testament en fokus daarop om jou skuld af te betaal.

Lees meer oor wat jy in elke lewensfase kan doen om jou finansies te verbeter.

Kontak my gerus vir ’n ontleding van jou finansiële situasie.

Geldwenke