Nuwe aftreestelsel uitgestel tot September

Die nuwe tweepot-aftreespaarstelsel tree op 1 September 2024 in werking. Vanaf dié datum sal ’n derde van jou pensioenfondsbydraes in ’n ‘spaarkomponent’ gehou word, terwyl twee-derdes in ’n ‘aftreekomponent’ gehou sal word.

Die nuwe stelsel het ten doel om ’n groter gedeelte van lede se aftreespaargeld te bewaar, daarom dat hulle eers by aftrede toegang tot die aftreekomponent verkry.

Indien lede egter vóór aftrede fondse benodig, kan dit uit die spaarkomponent onttrek word.

Om maksimum spaargeld by aftrede te verseker, bewaar jou spaargeld so lank as moontlik aangesien dit rente op rente verdien en teen ’n laer koers belas word. Bedrae wat by aftrede uit die spaarkomponent onttrek word, word volgens die enkelbedrag-onttrekkingstabel belas, wat ’n belastingvrye enkelbedrag van R550 000 insluit.

Klik hier vir meer inligting oor die tweepot-aftreestelsel.

Kontak my gerus vir enige vrae oor jou aftreespaargeld.

Two pot - retirement