Hoe om jou spaardoelwitte te verwesenlik

As jy geld vir ’n spesifieke doel wil spaar, soos ’n deposito op ’n huis of motor, of vir jou kinders se naskoolse opleiding, hier’s ’n paar wenke om jou op die regte pad te help.

Begin deur jou doelwit en die bedrag geld wat jy benodig neer te skryf – ook teen wanneer jy die geld gaan benodig. Jou spaartermyn en risikoprofiel sal die tipe opbrengs bepaal wat jy op jou spaargeld kan verwag.

Nou kan jy bereken hoeveel jy oor daardie tydperk sal moet spaar om jou doelwit te bereik.

Waar gaan jy die geld vind om te spaar? Hersien jou begroting en kyk waar jy op jou uitgawes kan besnoei. Jy kan ’n ekstra inkomste probeer verdien of elke maand ’n klein bedraggie spaar en dit jaarliks verhoog soos jou salaris verhoog.

Lees verder vir nog wenke om jou spaardoelwitte te bereik.

Ek help jou graag op jou beleggingspad – kontak my gerus.

Spaargeld